
Christian Matthias Theodor Mommsen (30 November 1817–1 November, 1903) was 'n Duitse leraar in die klassieke werke, en historikus, algemeen beskou as die belangrikste klassikus van die 19e eeu. Sy werk omtrent die Romeinse geskiedenis is vandag nog uiters belangrik vir navorsing oor die onderwerp. Hy het die Nobelprys vir Letterkunde ontvang in 1902, en was 'n vooraanstaande Duitse politikus, as 'n lid van beide die Pruisiese en Duitse parlemente.
Inhoud |
Mommsen is in Garding in Schleswig gebore ('n Duitse staat op die grens tussen Duitsland en Denemarke), en het grootgeword in Bad Oldesloe in dieselfde staat. Hy was eers 'n hoogleraar in geskiedenis aan die Universiteit van Leipzig, het toe lid geword van die Akademie van Wetenskappe in Berlyn in 1858, en daarna hoogleraar in Romeinse geskiedenis aan die Universiteit van Berlyn in 1861.
Hy het talle eerbewyse ontvang vir sy wetenskaplike prestasies: die "Blou Max", Pruise se hoogste militêre eerbewys in 1868; ereburgerskap van Rome; en die Nobelprys, een van weinige non-fiksieskrywers om dié toekenning te verwerf.
Mommsen was beide die oudste persoon om ooit die Letterkundeprys te verower (hy was 85 jaar oud) en ook die die persoon met die vroegste geboortedatum (1817).
Why are we here?
All text is available under the terms of the GNU Free Documentation License
This page is cache of Wikipedia. History